Sunday, July 19, 2009

Portulacaria afra


Herbs / Medicinal Plants

The information contained within this article merely recounts the traditional uses of specific plants as recorded through history. Always seek advice from a medical practitioner. The Mikpunt Meerkat and its representatives will not be held responsible for the improper use of any plants or documentation provided.

 

Hierdie maand bespreek ek sommer die dood gewone Kappertjie en Duisendblad (Jarro) albei plante wat ek en Magdaleen bespreek het toe ek anderdag daar gekuier het. Magdaleen glo daaraan dat as jy verkoue het, kappertjie blare op ‘n toebroodjie is net die ding om jou reg te ruk. En vir enige oop wond of om bloed te stop is Jarrow die medisyne of dit nou ‘n hond is wat gebyt is of die dokter wat haar arm geskraap het, Duisendblad sal vir  dit help.

Tropaeolum majus (Tropaeolaceae), Kappertjie

Hierdie algemene tuin blom van die Suid-Amerikaanse oorsprong is een van die meer geharde, en sekerlik een van die maklikste jaarplante om te kweek – dit oorleef winters, mits dit nie te kwaai ryp nie. Oorleef beslis Mikpunt se winters.

Tropaeolum majus is n slingerplant met lang rankstamme van tot 150 cm lank. Die blare is rond en straal-arig: die blomme is heldergeel of oranje. Saai die saad in die lente en vroeg somer in goeie, bros grond in ‘n sonnige plek.  Die grond moet nie te ryk wees nie dan sal dit welig groei en min blom.  Oes die blomme en blare wanneer nodig en die sade terwyl dit nog groen is.

Gebruike: Vars blare kan in slaai, sop en op toebroodjies gekerf word. Kappertjie blomme kan in slaai gebruik word en by rysgeregte gevoeg word vir n tikselkie kleur. Die sade behoort gepluk te word terwyl dit nog groen is – voor dit hard word – en kan, nadat dit gewas en afgedroog is, gepekel word deur dit in n fles gesoute asyn te sit – dit sal n heerlike geur ontwikkel. Medisinaal is dit vroeër gebruik vir blaas infeksies en asemhalings probleme. Kappertjies is baie ryk aan vitamiene C en daarom dan ook baie goed vir voorkoming van verkoues. 

Achillea millefolium(composite) Duisend blad, Nieskruid, Yarrow.

‘n Aromatiese regop, meerjarige plant met lang, small blare bestaande uit veeragtige blaartjies; het plat wit, pienk, roomkleurige of ligpers blomtoppe. Dis van Europese oorsprong en kan tot 60cm hoog word.

Dit is sedert die klassieke Griekse tye in die Mediterreense kulture gebruik en was nog vroeër aan die Indiese en Arabiese kulture bekend.  Die Botaniese Naam Achillea is afkomstig van Achilles die antieke Griekse held wat sy soldate daarmee behandel het. Deur die eeue het name soos ”straunch grass”, “Bloodwort” of “woundwort” gekry (“wort” was a ou Saksiese word vir plant). Die name is beskrywend: eenvoudig eerstehulp middel. Die blare word gekou en dan op die wond gesit.

Magdaleen het my meer laat lees oor die wonderlike plant en ek het verstommende dinge ontdek van Duisendblad. Dit is ‘n ongelooflike goeie geneesmiddel.

v      Duisendblad Kruie tee help vir eetlus, die maag, koorsigheid, hoes ensovoorts

v      ‘n Pap gemaak van die blare help vir pitswere en bloedvinte

v      Warm tee met duisendblad help vir verkoue en influensa

v      Die tee is ook ‘n tonikum

v      ‘n Aftreksel kan gebruik word vir ‘n wasmiddel

v      Aangesien dit sweet aanmoedig, word dit gebruik vir verkoue, dikwels saam vlierblomme en peperment

v      Die blare en blomme is sterk vrank en word in skoonheidsmiddels gebruik vir vetterige vel.

v      Die blare word in ‘n mengsel gebruik wat as uriendrywer of ‘n urinêre ontsmettingsmiddel gebruik word.

v      Dit word ook in kleiner dosisse by die behandeling van hipertensie of disenterie gebruik

Voorwaar ‘n helende plant




This months Reminder

Style is to see beauty in modesty -– Andrée Putman

 

When we keep our lives simple, simply beautiful things takes place.




Kinder en ziggi pret in die modder by Swaanswijk Potjiekos 

Uit Johan se Pen 

 

Die grootste gebeurtenis op Klipheuwel die afgelope maand was natuurlik die potjiekos kompetisie wat op Swaanswijk gehou was. Hierdie beriggie wor

d dan ook in hoofsaak geskryf vir die paar inwoners wat nie opgedaag het nie, aangesien die klomp wat wel opgedaag het, weet wat alles gebeur het en ook hulle gate uit geniet het, ongeag of hulle nou deelgeneem h

et of nie. Die kompetisie het amptelik afgeskop om 09:00 voormiddag maar nie-amptelik eers ongeveer 10:30 toe die hele grasperk voor vol spanne en hulle toerusting was en die saal vol stalletjies. Ek het gedink dat daar nie veel by die stalletjies sal aangaan nie,

 omdat ons dorp (is dit ’n dorp? indien nie, wat het ons dan hier?) so klein is. 

Gelukkig was al die stalletjie houers hoogs tevrede met die dag se resultate.

Die potjie was beoordeel deur Mario, van Mario Engineering, 

wat ook die hoofborg was. Hy het ’n pragtige verskuifbare braai by sy besigheid in Brackenfell gemaak en die braai is dan ook gewen deur Kobie en sy span.→



Die ander beoordelaar was Johanné van Schalkwyk, assistent kos redakteur van die Tydskrif Tuis, wat oorgekom het vir die beoordeling desondanks ander verpligtinge wat sy ook op Saterdag gehad het.


Tweede prys was gewen deur Martin en sy span 

en derde prys was gewen deur die 911 span en Grain Carriers span.  Ek het geproe aan Pieter se pot en ook aan Wynand se pot en man, dit was lekker. ’n Ander dame,→     

        [blog+ju3.jpg]

 wie se naam ek nooit gehoor het nie, het my aan haar vis potjie laat proe. Ek hoop sy kom volgende jaar weer, want haar pot was uit die boeke uit.

Wat die temas van die potjie makers betref, was daar een groep wat bo die res uitgetroon het, dit was Mike en nog ’n Mike se weermag tema, kompleet met ’n geweer wat ± 130 jaar oud is!

Ek sou nog graag wou aangaan oor hoe lekker die dag was- net baie nat- een  dame het haar skoene verloor toe sy later die aand haar man se motor moes uitstoot waar dit in ’n dam water staan, maar my spasie is ’n bietjie beperk, so Groetnis tot volgende keer.

Johan

 



No comments:

Post a Comment