Die Mikpunt Meerkat is 'n plaaslike nuusbrief wat maandeliks versprei word in Klipheuwel/Mikpunt 'n landbouhoewe gemeenskap buite Durbanville. Dit het ontstaan as gevolg van die doodmaak van slange op die landbouhoewes. Ons as gesin het besluit om mense in te lig oor slange,dat almal nie giftig en skadelik vir die mens is nie. En dat dit waansinig is om 'n Mol slang te dood wat tussen 30 en 40 jaar oud is net omdat dit 'n slang is. Selfs Mol slange is aangesien as Kobras- wat wel hier voorkom.